Wat sê Ons Ouers

“Ek was ‘n baie bekommerde ma oor haar meisiekind se vordering in ‘n gewone skool, aangesien van A.D.H.D. Ek is self ‘n werkende mamma en moes soos baie mammas elke aand tot middernag sit om ‘n huilende kind te help skool werk verstaan. Excelsior Akademie het soos ‘n lig verskyn en vir ons soveel deure oop gemaak. Die onderwysers sal hul tyd vat met jou kind om hulle te help verstaan sodat die kinders behoorlik elke vak onder die knie kry. My kind ervaar werklik nou akademiese sukses waar haar punte verbeter het in van die vakke tot 40 %.

Haar vertroue in die skool, mens wees, ens. het net ewe skielik soveel verbeter! Hierdie skool kan ek nie genoeg bedank nie. Ons is nou al vier jaar deel van hierdie prag skool en hulle gaan regtig uit hul pad uit vir jou kind! Hulle bou jong volwassenes op! Volwaardig die beste skool ooit en trots om te kan sê my dogter is deel van Excelsior Akademie! As jou kind leer probleme het, of A.D.H.D, sal jy jou kind die onreg doen om nie aan hierdie skool se deur te kom klop nie!”

LIEZEL BURGER

HOE SÊ ‘N MENS DANKIE

Ek wil met hierdie skrywe my diepe dankbaarheid aan die skool en sy onderwysers betuig. Die mense wat elke dag daaraan werk om my kind te help vorm en te slyp vir ‘n toekoms, hom inspireer en hom motiveer om te ondersoek en nooit sy drome gering ag nie.

Dankie vir die motiverings briewe en ook die jaarlikse prysuitdeling waar die kinders vereer word vir hulle prestasies. Die “pienkbriewe” waarvoor my kind so bang is – dit sorg vir die ekstra dissipline wat hom leer daar is gevolge vir jou dade , positief sowel as negatief.

Onderwysers onderig nie net nie, julle is raadgewers en mentors en soms word daar meer met julle gedeel as met ons as ouers.

Vir ouers met kinders met leerprobleme is dit ‘n angswekkende ondervinding om ‘n geskikte skool te vind. Dankie aan elke onderwyser by Excelsior wat daaraan werk om my kind te help om sy volle potensiaal te bereik, moet asseblief nooit ophou om in ons kinders te glo en hulle te inspireer om hulle eie hoogtes te bereik nie.

Baie dankie

 HANLIE TRUTER

“Ek het tuisonderrig met my seun Ruwé Kapp gedoen vir 4 jaar. In 2014 het hy 3 matriek vakke gedoen maar was glad nie tevrede met die uitslae nie. Ek het besluit om die mense by SACAI te gaan sien waar hulle my verwys het na Excelsior Akademie wat ʼn privaat skool is.”

GERDA KAPP

“Beide my kinders het ‘n baie sagte plek vir ieder en elk van die onderwysers by die skool. Dit is hulle “happy place” weg van die huis af.”

JACO EN LEONORA VAN BILJON